Generasies van
hoop en lig.
Na afloop van ’n eeu se betekenisvolle bestaan, lê die uitdaging daarin om volhoubaar hierop voort te bou. Een van ons grootste uitdagings bly steeds om projekte slegs met die inkomste uit ouerbydraes te finansier. In aanvulling tot die skool se ontwikkelings- en instandhoudingskapitaal speel die Affie 100 Fonds ‘n kardinale rol.

Die visie van die
Affie 100 fonds
Om die verkryging en instandhouding van wêreldklaspersoneel en -fasiliteite te verseker.
Om die skool se rol as ‘n leier in die verskaffing van Afrikaansmediumonderrig in die algemeen te bevorder.
Om ’n hulpfonds op te bou ten bate van huidige en toekomstige leerlinge, asook behoeftige kinders binne die gemeenskap.
Om ’n gebeurlikheidsfonds op te bou ten einde ons Affie-waardestelsel in stand te hou.
Ons projekte
Die Affie 100 Fonds ondersteun ’n verskeidenheid projekte
wat bydra tot die behoud en die bevordering van die skool en belanghebbendes.

AFFIE 100 FONDS
Die Affie 100 Fonds algemene fondse dra by tot die behoud en bevordering van die skool en belanghebbendes. ‘n Belegging in ons kinders en in ons toekoms.

PROJEK 360
Met Projek 360 word sosiaal en maatskaplike ondersteuning aan leerlinge gebied. Die projek staan op twee bene:
- Hulp aan behoewende Affie-seuns, en
- Hulp aan leerlinge van ander skole binne die Affie-gemeenskap.

GEBEURLIKHEIDSFONDS
Die gebeurlikheidsfonds word aangewend om die waardes, visie en oogmerke wat eie aan die Affie-gemeenskap is, vol te hou en verder uit te bou.

INFRASTRUKTUUR
Om infrastruktuurprojekte van die Afrikaanse Hoër Seunskool te ondersteun. Dit sluit huidige projekte, toekomstige projekte, asook ontwikkeling buite die skoolterrein in.
’n Ervare trustee span
Die Affie100-trustees bestaan uit ’n span met uitmuntende kennis,
ervaring en ’n diep begeerte om die skool se belange te bevorder.
Omri van Zyl
Matriek AHS,1990. Gekwalifiseerde prokureur met die grade BA (Regte) en LLB (cum laude), MBA asook kwalifikasies in projekbestuur, misdaadintelligensie en besigheidsontwikkeling.
Eberhard Bertelsmann
Oudregter Matriek AHS, 1964 BA (Regte) Universiteit Stellenbosch, 1968 LLB (Unisa), 1971
Bernard du Plessis
Uitvoerende hoof: Voyanti Matriek AHS (1984) UP (1985-1988) – CA(SA), BComm Rek (Honneurs), en (1992-1993) MCom(Belasting)
Ehrhard Fürstenburg
Advokaat Matriek AHS, 2001 BCom Regte, LLB en LLM Belasting (Universiteit van Pretoria)
’n Belegging in die Affie 100 Fonds is ’n belegging in ons kinders en in ons toekoms.
’n Nalatenskap van hoop.