Generasies van
hoop en lig.
Na afloop van ’n eeu se betekenisvolle bestaan, lê die uitdaging daarin om volhoubaar hierop voort te bou. Een van ons grootste uitdagings bly steeds om projekte slegs met die inkomste uit ouerbydraes te finansier. In aanvulling tot die skool se ontwikkelings- en instandhoudingskapitaal speel die Affie 100 Fonds ‘n kardinale rol.
Die visie van die
Affie 100 fonds
Om die verkryging en instandhouding van wêreldklaspersoneel en -fasiliteite te verseker.
Om die skool se rol as ‘n leier in die verskaffing van Afrikaansmediumonderrig in die algemeen te bevorder.
Om ’n hulpfonds op te bou ten bate van huidige en toekomstige leerlinge, asook behoeftige kinders binne die gemeenskap.
Om ’n gebeurlikheidsfonds op te bou ten einde ons Affie-waardestelsel in stand te hou.
Ons projekte
Die Affie 100 Fonds ondersteun ’n verskeidenheid projekte
wat bydra tot die behoud en die bevordering van die skool en belanghebbendes.
HELP 'N AFFIE FONDS
Bied aan ‘n huidige of toekomstige Affies die geleentheid om tussen die rooibaksteenmure skool te gaan.
Dié ondersteuningsfonds het ten doel om die skool en koshuisinwoning toeganklik en bekostigbaar vir alle huidige en toekomstige leerders te hou.
PROJEK 360
Ondersteuning aan die breër gemeenskap,
waaronder die Laerskool Generaal Nicolaas Smit voedingskema
’n Ervare trustee span
Die Affie100-trustees bestaan uit ’n span met uitmuntende kennis,
ervaring en ’n diep begeerte om die skool se belange te bevorder.
Bernard du Plessis
Matriek AHS 1984
Uitvoerende hoof: Voyanti
UP (1985-1988) – CA(SA), BComm Rek (Honneurs), en (1992-1993) MCom(Belasting)
Ehrhard Fürstenburg
Matriek AHS, 2001
Advokaat
BCom Regte, LLB en LLM Belasting (Universiteit van Pretoria)
Omri van Zyl
Matriek AHS,1990
Prokureur BA (Regte) en LLB (cum laude), MBA en kwalifikasies in projekbestuur, misdaadintelligensie en besigheidsontwikkeling.
Richard Butler
Matriek AHS 1993
B.Sc. (QS) Bourekenaar (UP), UP Tobie Louw Prys, 28 jaar Konstruksiebedryf ervaring (CADCON)
’n Belegging in die Affie 100 Fonds is ’n belegging in ons kinders en in ons toekoms.
’n Nalatenskap van hoop.