Belê in ons toekoms.

Die Affie 100 Fonds is ‘n gemeenskapsinisiatief wat fokus op
moedertaalonderrig, hoëkwaliteitopvoeding en ‘n hoopvolle toekoms.

ONS KINDERS, ONS TOEKOMS

As ’n opvoedings- en gemeenskapsorganisasie wil ons altyd die beste vir ons kinders hê en hulle toekoms verseker.

Ons volgehoue toewyding aan ‘n gebalanseerde opvoeding en moedertaalonderrig, asook die instandhouding van wêreldklasopleiding, behoort die hoogste prioriteit te geniet.

Affies Emblem

’N RYKE GESKIEDENIS,
’N DINAMIESE GEMEENSKAP
EN ’N ONKREUKBARE GELOOF

Die Affie 100 Fonds deel die waardes, wêreldbeskouing en toewyding aan uitnemendheid wat oor meer as ‘n 100 jaar by die Afrikaanse Hoër Seunskool ontwikkel het. Alhoewel elke entiteit sy eie doelwitte nastreef, deel ons die dieper waardes en visie van die skool en die gemeenskap.

VAN GENERASIE TOT GENERASIE -
’N NALATENSKAP VAN HOOP

Om deel te wees van die Affie-gemeenskap is ’n voorreg en ’n verantwoordelikheid.

Die band en vrygewigheid wat tussen oud-Affies en vriende van die Affie-gemeenskap bestaan, verseker dat die fondasie waarop ons huidige leiers bou, net sterker en stewiger word vir dié wat ná ons kom.

Ons bevorder uitnemende rentmeesterskap en ’n betekenisvolle nalatenskap.

Word deel van ons befondsingsprojekte ten bate van die skool en die gemeenskap.

Word ‘n draer van lig en hoop vir die wêreld.

Word ’n rentmeester van hoop
en kies jou nalatenskap.

Besluit vandag om ‘n verskil te maak.
Kies jou fokus van betrokkenheid.
Word deel van die oplossing en Affie 100-gemeenskap.

Werk saam om hoëkwaliteitopvoeding en ons Affie-waardes nog verder te bevorder

Skenk Nou

’n Belegging in die Affie 100 Fonds is ’n belegging in ons kinders en in ons toekoms.

’n Nalatenskap van hoop.

Raak Betrokke